Artikel Geskryf Deur – Philip Badenhorts
Ek is Phillip Badenhorst, en woon in Sentraal Suid Afrika, in die Noord Kaap.
Vir jare word ons boere geteister deur roofdiere wat ons vee en pluimvee vang deur die nag asook deur die dag. Dit plaasgeweldig druk op ons Boere se oorlewing, en dit beinvloedv veis pryse in Suid Afrika.
Die mees algemeenste roofdiere is Rooi Jakkalse, Rooikatte, Bruin Hyenas en Luiperde.
Die regte permitte moet in plek wees vir al hierdie diere, en dit verskil van Provinsie tot Provinsie. Permitte kan by jou naaste Wildsbewaring tak uigeneem word. Jy het slegs n permit nodig as jy dit as n beroep doen.
Daar is heelwat metodes om roofdier beheer toe te pas in SuidAfrika naamlik:
Gif: Dit is effektief maar soveel onskuldige diere word daardeur benadeel.
Helikopter jag : Baie effektief en baie duur.
Slagysters stel : Dit is baie wreed,want die dier lei vir n tyd tot die boer by hom uitkom.
Honde: Daar is verskeie maniere om honde suksesvol te gebruik. Wind honde en Anitoliesewag Honde bly permanent tussen die boer se skape en pas hulle op.
Blik skut: Hierdie metode word toegepas waar die roofdier skrik gemaak en aangejaag word tot in n hoek van n kamp.
Toe-val Hokke: effektief vir Katte.
Roep en Skiet: Dit is die mees etiese metode waarby die dier glad nie lei nie. Indien dit reg en professioneel toegepas word met die regte toerusting.
Roep beteken ons het n Roeper aparaat wat ons in die veld plaas wat ons dan sekere klanke speel om die roofdier se aandag te trek. Daar is natuurlik n lys van benaderings om dit rustig te doen, Dit moet oordeelkundig bestuurword.
Ek self eksperimenteer al n paar jaar met roepjagklanke en maak my eie klanke wat vir my baie sukses gee. Ek het my Safari-Hunt Volume 1 CD/Bundle klanke in die mark gesit, en baie roofdier jagters gebruik dit suksesvol.
Jare lank het ons net witligte ( flits) gehad om snags die roofdiere te sien en beheer, en het 30 – 40 teikens per jaar suksesvol afgehandel.
Die probleem is Roofdiere raak gewoond aan die lig en kom nie nader aan die roeper.
Toe verskyn daar Infra-Rooi & Nagsig Teleskopeop die mark (IR)
Alhoewel my getalle styg na +- 80 roofdiere per jaar met IR, is die probleem met IR Nagsig as jy nie die dier se oog optel nie, sien jy hom glad nie in die lang gras nie.
Ek het baie roofdiereso gemis.
Laat 2021 is ek voorgestel aan HIKMICRO Thermal Scopes en monoculars. Omdat dit my besigheid is was die pryspunt aanloklik en bekostigbaar om te investeer. Ek kon nooit die groot handelsname bekostig nie.
Ons eerste Lynx LH19 Handheld het klaar n groot verskil gemaak in my getalle roofdiere. Ek het merke gemaak oor helder dag en nog beter in die koeler nag.
Dit het my hele perspektief van naglewe jag laat verander.
Vandaar opgradeer ek na HIKMICRO Thunder TH35 thermal scope. Ek gebruik n 22- 250 rem wat n lekker vinnige geweer is met n plat triject.
Die uitkomst is ek kan gemiddeld 250 na 350 roofdiere per jaar hanteer. Soos n klip in die nag Sien Hulle my glad nie, en hulle staan uit selfs in lang gras.
Volgende investeer ek in n PQ50L – Hoë resolusie 640×512 met ingeboude Lazer Range Finder (LRF) en n Ballistic calculator opsie in.
Die Ballistic calculator help my geweldig om daai 300m plus skote gemaklik af te vuur. Die PQ50L 2.0 met sy Sub 20mk gee jou n fantastiese helderbeeld. Defnitief die beste 640 sensor wat ek nog gebruik het. Vir identifikasie van n dier is die PQ50L 2.0 onverbeterlik. Ek kan duidelik die verskil sien tussen n Rooi Jakkals en n Bakoor Jakkals, of tussen n Rooikat en n Tierboskat.
HIKMICRO se thermal tegnologie het my in ‘n volgende’bracket’ geplaas.
As jy mooi dink is dit moeilik om n jakkalsbedags op 300m te skiet, wat nog te sê in die pik donker nag.
Thermal Africa is ons invoerder en verskaffer van keuse. Henry en Jean se ondersteuning, tegniese kennis en voorraad beskikbaarheid is alles wat n besigheid soos myne gekort het. Thermal Africa HIKMICRO Suid Afrika spesialis in Thermal & Nag visie tegnologie.
Kontak Philip Badenhorts vir roofdier beheer: +27 830 9504
Kontak Thermal Africa vir alle produk navrae: 0861 133 456
Outdoor • Adventure • Conservation • Hunting • Security